Koekeloer

Die klank van 'n Baba se hart is maklik een van die mooiste geluide.

Dienste

Hier word gewerk met baanbreker tegnologie. Die Mindray Z60 het 'n 3D & 4D funksie en sy hoƫ resolusie verskaf pragtige beelde. Die Z60 is 'n mobiele eenheid waarmee ek rond kan beweeg wat beteken dat ons julle wonderwerk selfs kan ontmoet in die gerief van julle eie huis. Sonar is slegs vir kosmetise doeleindes, nie om te diagnoseer nie.

Die verskil tussen 3D & 4D sonar is dat 3D-beelde stilstaande beelde is, terwyl 4D-beelde mini-filmgrepe van u kind is. 4D voeg die "dimensie van tyd" by die vergelyking.

Onthou voor die afspraak:
Drink genoeg vloeistowweEet voor die afspraakDrink 'n glasie vrugtesapDra los klere

Prys

R 400-00 per scan, ongeveer 30 minute lank.R 1000-00 vir drie sessies ongeveer 30 minute elk.

Wie Is Ek?

My naam is Caroussel, ek het 'n passie vir mense, maar het na my tweede swangerskap 'n groot passie vir swanger mammas ontwikkel.

Ek het my B.Pharm Graad verwerf in 2007 in Potchefstroom, internskap en Zuma jaar in Mpumalanga voltooi en dit is tans my twaalfde jaar wat ek werk as apteker.

Nou help ek ook ouers om hulle klein wonderwerkie te ontmoet en glo dit is een van die mees belonende werke.

Kom vang hierdie mooi herinneringe vas en koekeloer na die kosbare klein lewe binne jou.

Kontak

Kom ontmoet julle wonderwerk by my.

Besprekings beskikbaar vanaf middel Januarie, boek asseblief vroegtydig om u plekkie te verseker.

Baie dankie

Ons sal binnekort terugvoering gee.